![]() |
|
"Deel my asseblief op facebook met hierdie knoppie: |
||
|---|---|---|---|---|
Skrywer: Lee-Ann Steenkamp
Heil die leser...Lee-Ann Steenkamp (nooi du Plessis) is gebore in KwaZulu-Natal, het grootgeword in ‘n klein vissersdorpie aan die Weskus en beskou haarself nou as ‘n opregte Bolandse nooi. Lee-Ann het in die herfs van 2009 met die liefde van haar lewe, André, op ‘n pragtige wynlandgoed buite Stellenbosch getrou. Hulle woon naby Zevenwacht plaas saam met hul twee woelige kat-kinders. Lee-Ann is ‘n belastingspesialis en 'n navorsingsgennoot by die Universiteit van Stellenbosch. Sy het in 2004 die graad B.Rek Honneurs verwerf en in 2012 'n Meestersgraad in Belasting. Tussendeur lesings, navorsing en werk aan haar Doktorsgraad, MOET sy haar regterbrein ook ‘n bietjie laat asemhaal. En dit kry sy reg met die hulp van Lallie! Lee-Ann is 'n absolute boekwurm en is sedert 2008 ‘n boek resensent vir die Afrikaanse tydskrif SARIE. Die droom van Afrikaanse kinderboekeskryf kom al sedert haar kinderjare, maar is tydens haar studies vir eers op die langebaan geskuif. Uiteindelik het Lallie se aanhoudende gekerm vir Lee-Ann gedwing om Lallie se Memwhaars (“memoirs”) te begin skryf.Beryl-Ann du Plessis (Lee-Ann se ma) het ontdek dat sy ‘n lank sluimerende talent vir teken het. Ma en dogter het toe saam aan ‘n paar karakters se illustrasies gewerk en die eindresultaat is magic! Lee-Ann se kop wemel van Lallie se avonture op Pantouberg en die reeks kinderboeke sal mettertyd ontwikkel word - voordat Lallie haar têzzie weer kan wip… |
|
|||
| Lallie se Memwhaars Afrikaanse kinderboek © 2010-2016 | "website" ontwerp deur Optic Blaze | Cape Town | ||||

SE MEMWHAARS