![]() |
|
"Deel my asseblief op facebook met hierdie knoppie: |
||
|---|---|---|---|---|
Welkom by Lallie se Tuisblad*NUUT!!! ESELTJIESRUS*
LALLIE: bekkig, braaf en die beste hond waarvoor enigiemand kan vra!Welkom by die tuisblad van Lallie se Memwhaars (“memoirs”)! Dis ‘n versameling Afrikaanse storiesoor Lallie se avonture op Pantouberg saam met haar beste maat, Loekie, en ‘n spul vreemde, oulike karakters.Elke boek vertel ‘n ander storie. In Die Zeekoei neem Lallie ‘n moeilike besluit: moet sy haar nuwe maat se geheim bewaar of moet sy die waarheid aan haar beste vriend, Loekie, vertel? Bestel die boek en vind self uit wat Lallie besluit het...Afrikaans is ‘n pragtige, lekker-lees en lekker-praat taal. Ongelukkig is daar so min eg Afrikaanse kinderboekeop die mark – die meeste word uit Engels vertaal. Lallie se Memwhaars is eg Afrikaans, oorspronklik, “skoon” en bowenal: lekker-op-die-tong!Mamma en juffrou kan die boekie vir die jongspan voorlees terwyl ouer kinders self hul woordeskat kan aanvul. Daar’s iets vir elke ouderdom: pret vir die kleintjies en humor vir die grotes! Moenie jou kind se intelligensie onderskat nie: help hom/haar met die moeilike woorde en laat hul saam met die boekies grootword. Lallie leer ‘n waardevolle les in elke avontuur – jou kind sal ook! Kry jou gratis Afrikaanse speletjies en skoolprojekte! |
|
|||
| Lallie se Memwhaars Afrikaanse kinderboek © 2010-2016 | "website" ontwerp deur Optic Blaze | Cape Town | ||||

SE MEMWHAARS